-
2007:
-
Help met soektog en stig trustfonds vir Sheldean Human.
Samel 1000 teddiebere in vir die bekamping van kinder geweld. Vertoon by hof tydens Sheldean saak.
Neem deel aan anti misdaad optog in Pta.
Stig Mountain view/Suiderberg belastingbetalers ver.
Takel minister van vervoer oor e natis stelsel.
Help mishandelde kinders by Cullinan rehab sentrum.
Neem leiding met protesoptog teen ontwikkeling van die Putco busdepot.
Staan slagoffers by tydens winkel rooftog in Claremont.
Hou kranslegging vir die slagoffers.
Raak betrokke by anti misdaad forums in gemeenskap.
Bring hulde aan almal wat in gemeenskap vermoor is.
Neem leiding met protes optrede teen stadsraad se swak dienslewering.
Vat ANC aan oor verandering van straatname in Pta.
Staan gemeenskap by met oorstroming van huise in Daspoort,maak strate in Mountain view skoon en ontlond spanning tussen pendelaars en Metrorail. -
2008:
Takel PPC sement oor gifgasse in die lug.
Sny lang grasse en bome langs kanaal.
Ontlond spanning tussen inwoners van Lady Selbourne en Mountain view.
Neem leiding met optog in Hercules teen misdaad. Kranslegging vir slagoffers.
Onderteken “bly net” deklarasie.
Voer veldtog “komberse” vir die winter.
Ruim park in Bremer straat op.
Woon hofsaak en uitspraak vd Sheldean Human saak by en ondersteun familie.
Neem deel aan “million man march” by Uniegeboue.
Help kerkgroep met uitdeel van brood en sop aan inwoners van Danville.
Staan as kandidaat vir VF+ in wyk 55. Bring DA se vorige bewind van 3000 stemme af na slegs 143.
Herverkies as wykskomitee lid vir wyk 01 Pta.
Hou kersboom vir armes by l/s Genl Nicholaas Smit in Booysens. DR Pieter Mulder, leier vd VF+,hou toespraak.
1000 Mense kry die dag kos,klere en kersgeskenke.
Bring Kersgroete aan inwoners en kinders van Hermanstad.2009:
Betoog saam met lede vd VF+ by Hooggeregshof in Pta oor stemreg aan buitelandse Suid Afrikaners.
Val die regering skerp in die media aan oor nog ‘n moord in die gemeenskap nl die van Frikkie Jackson.Dreig die regering met massa aksie.
Rig ultimatum aan regering oor misdaad situasie in die land.ANC regering het 60dae tyd om misdaad vas te vat en behoorlik te begin optree.
Deel kruideniersware uit aan behoeftige gesinne en sopkombuise in die Wesmoot.
Reageer op negatiewe media berigte oor die Sheldean Human Trustfonds.
Tree op as beoordeelaar by Mnr en Mej Kasteeltjie land kompetisie in die gemeenskap.
Neem Franse joernaliste deur die Wesmoot en doen onderhoude oor blanke armoede. Fotos op facebook beskikbaar.
Bring hulde aan slagoffers van misdaad in die gemeenskap in Bremerstraat parkie met brandende lantern. Jaarlikse instelling.
Beset die Metro raad in Pretoria se kantore tesame met 40 inwoners vd gemeenskap oor die behuisings kwessie. Onderhandelinge vind vreedsaam plaas en inwoners tree as wenners uit die stryd.
Word verkies as 2e ondervoorsitter vd VF+ in die Pretoria streek.
Herverkies tot die Gauteng dagbestuur vd VF+.
Besoek tiener van Booysens in Pta akademiese hospitaal na aanval.
Woon Reddingsdaadbond kongres by Voortrekkermonument by wat blanke armoede in SA aanspreek.
Woon die inhuldiging vd SA Weermag muur van herrinnering by die Voortrekker monument in Pta by.
Betuig meegevoel met Kruger familie na die moord van Mnr Iep Kruger vd Magaliesmoot plotte in die Wesmoot.Roep gemeenskappe in SA op tot aksie teen misdaad.
Na ‘n geveg van 2jaar, inhandiging van petisies en die verskyning voor die petisie komitee vd Tshwane metroraad verkry inwoners van munisipale behuising in Elandspoort en Hermanstad eienaarskap van hul huise.
Ontvang sertifikaat van plaaslike laerskool in wyk 55 vir betrokkenheid in die gemeenskap.
Vaar uit teenoor die regering oor hul toestemming aan PPC vir die gebruik van gifgasse by die Hercules aanleg.
Lewer jaarlikse Kersboodskap aan die gemeenskap van die Wesmoot.
In geveg met Transnet oor die spoorlyn in vd Hoffweg.2010:
Wens matrikulante in die gemeenskap geluk met hul uitslae. Hercules H/s 99%,Tuine H/s 98% en Pta Tuine 83% slaagsyfer.
Stig die “Help Raymond Nortje” fonds.
Weens volgehoue druk van 2jaar verwyder die Metro raad die plakkerskamp in Bremerstraat Claremont.
Loods petisie veldtog in gemeenskap teen ANC se planne om 17000 plakkers vanaf Atteridgeville na Andeon te verskuif. 6500 inwoners onderteken die petisie. Rig ‘n plakkers tent voor die ampswoning van die Burgermeester van Pta, Kwen Romokgopa, op in ‘n desperate poging om haar aandag gevestig te kry oor die plakkers probleem in die Wesmoot. Burgermeester staan persoonlike gesprek toe dmv haar woordvoerder. Persoonlike vergadering word gereel vir Maandag 22 Februarie 2010. Burgermeester neem petisie in ontvangs.Neem afskeid van Gideon Botes wat tot sterwe gekom het. Lewer toespraak tydens die begrafnis.
Ondersteun die leier vd VF+,Dr Pieter Mulder, met indiening van klag by die Brooklyn SAPD teen Juluis Malema oor “Kill the boer kill the farmer.”
Tannie Issie de Beer, inwoner vd Louis Trichardt tehuis in Danville,word 99 en Philip gaan wens haar geluk en woon ook die partytjie by. Tree in gesprek met President Jacob Zuma oor die swak behuisingstoestande, gebrekkige dienslewering en misdaad. Gesels ook met die President oor die verskuiwing van 17000 plakkers vanaf Atteridgeville na die Wesmoot. Hou die ANC regering verantwoordelik vir die aanval op die 80jarige Mnr Jan du Toit vd Kameeldrift Wes hoewe in die Wesmoot.Waarsku oor skerp gemeenskap optrede na die moord van Mnr Maneul Freitas in Booysens. Oorhandig namens Solidariteit ‘n memorandum oor misdaad aan die Hercules en Pta wes SAPD. Twee gemeenskapslede word voor die hof gedaag oor behuising verskaf word aan arm Afrikaners in wendyhuisies. Philip van Staden en die VF+ tree toe tot die stryd en verskaf regshulp aan die inwoners. Saak uitgestel tot 20 Julie 2010. Verdere protesoptrede word beplan. Woon die begrafnis by van die 80jarige Mev Marie du Bruyn.Deel saam met boere van Witrivier en Dr Pieter Mulder 4ton kos uit aan armes in die Wesmoot. Die metro raad laat vaar die wendy huisies saak.Word verkies tot VF Plus leier in die Pretoria Streek.Eis ‘n ondersoek teen die Pta burgermeester, Gwen Ramokgopa, oor vermorsing van R600 000-00 se belasting geld. In gesprek met die Gauteng dept van gesondheid oor intemidasie van verpleeg studente. Voorsien die arm mense vd Wesmoot met warm gekookte etes op 18 Julie 2010-deel vd tv geskiedenis met uitsendings op die nuwe Kyknet nuus kanaal.
Roer die kwessie aan ivm die Daspoort tonnel.Maak beswaar teen die naamsverandering vd Pretoria skou na die Tshwane “T” skou.Stel dit duidelik dat die metro raad se besoek aan die gemeenskap op 01 September 2010 sinneloos is en dat Raadslid Fourie nie veel aandag aan die gemeenskap gee nie.Versoek dissiplinere optrede teen Metropolisie hoof,Jaca.Opgradering van Daspoort tonnel begin. Bedank as wykskomitee lid in die Wesmoot weens die onbevoegdheid vd DA Raadslid om die wyk te regeer. Dien klagte van beskadiging en verwydering van eiendom in by die Brooklyn SAPD nadat VF+TAS plakkate op Tukkies beskadig en verwyder is. Lewer kommentaar oor die ontbinding vd Cullinan munisipaliteit op news 24. Onwettige grondbesetter van Booysens word aangekla en voor die Hooggeregshof gedaag.
Lewer kommentaar oor stadsbestuurder van Pretoria, Kiba Kekana, se goue handruk van R2.5miljoen rand.
VF+TAS wen 14 setels in die Tuks SR verkiesing.Dring aan op ‘n onafhanklike ondersoek teen Pta burgermeester,Gwen Ramokgopa,nadat dit aan die lig gekom het dat sy moontlik betrokke is by die tender skandaal in Pretoria. Veroordeel aanstelling van nuwe Metropolisie hoof,Brigadier Manganye,nadat dit aan die lig kom dat hy nie oor die nodige kwalifikasies beskik nie. Stig die groep “Stop die uitsetting van arm Afrikaners”. Ledetal groei egter sterk binne die eerste week.
Staat dagvaar weer die wendyhuise mense en saak word uitgestel tot 15 Desember 2010. Vra vir skorsing van Metropolisie lede nadat hul blou bul rugby trui by hofsitting van Bees Roux in die openbaar in uniform verniel. Metroraad vra omverskoning oor die Blou bul trui saga.Verwerp Metroraad se verskoning.Dring aan op skorsing van lede. Wens matrikulante sterkte toe vir eindeksamens. Loof Pta Nooddienste vir dapperheid tydens brand by Pta landdroshof.Takel Pta Metroraad oor oordragte van raadshuise aan inwoners reeds 01jaar lank sloer. Takel Pta Metroraad oor hul bourommel stort in Market straat Claremont.Verwelkom ‘n ondersoek wat Staatspresident Zuma loods rondom vorige Pta burgermeester Gwen Ramakgopa. Waarsku ANC jeugliga om nie te torring aan die Paul Kruger standbeeld op Kerkplein Pretoria nie. Verwelkom skorsing van Pretoria Metroraad lede.Verskaf 24ton kos aan 2345 arm inwoners van die Wesmoot in samewerking met die plaasboere van Mpumalanga. Dit was die grootste voedselverspreidingsaksie in die geskiedenis van die Wesmoot. Loods protesvedltog by die wendyhuise hofsaak in Pretoria.Rig 11 eise aan die ANC regering.
Hou vir die 1e keer in die geskiedenis vd Wesmoot ‘n Geloftefees in die gemeenskap en lewer sy eerste Geloftefeesrede.Deel saam met Kersvader geskenke uit aan wendyhuise kinders in die Wesmoot. Lewer jaarlikse Kersboodskap aan die gemeenskap. Rapport kondig aan dat die VF+ die 2e beste politieke party van die jaar is.2011:
Wens Pta Matrikulante geluk met besonderse prestasies.
Kap Pres Zuma oor sy ekonomiese plan vir 2011 oor behuising en werkskepping aan slegs swart lede vd bevolking. Wens graad een’s en skoliere sterkte toe vir 2011. Verwelkom optrede van SAPD en Metropolisie in die Wesmoot.
Word deur inwoners in Rekord Wes bedank vir hulp met water en ligte rekeninge.
Word deur Rekord Wes die 02e en 06e plek toegeken vir nuusmaker van 2010.
Begin petisie saam met inwoners van Pta Tuine vir spoedhobbels en walle in Hannystraat. Lang grasse op straat hoeke word ook aangespreek.
Die VF+ in Pretoria kondig aan dat die party oop is vir koalisie met ander opposisie partye na die 2011 munisipale verkiesing om beheer oor Pretoria te neem.
Vra vir die vervolging van ‘n ongeregistreerde dagmoeder in Suiderberg nadat sy ‘n 09maande oue baba aangerand het.
Die wendyhuise hofsaak neem ‘n nuwe wending nadat die staat se sleutel getuie ‘n bou inspekteur, Pierre de Villiers, skielik bedank het. Saak word uitgestel na 01 Maart 2011. Saak ook op die datum na die Noord Gautengse Hooggeregshof.
Takel die Metroraad oor swak dienslewering nadat asblikke in Marina straat,Market straat,Pretoria straat en Centre straat nie verwyder word nie.Veroordeel die moord van Mnr Basie vd Merwe en die SAPD lid van Hercules wat onderskeidelik in Booysens en Claremont vermoor is.
Hou ‘n openbare vergadering in die Wesmoot waar 400 inwoners opgedaag het.
Veroordeel die traagheid van die Pretoria Tshwane Metroraad omrede die behuisingskwessie nog nie afgehandel is nie.
Word met oorweldigende meerderheid verkies tot die VF Plus se Burgemeesterskandidaat in Pretoria. Maan die Pretoria Metroraad om eerder die saak teen Magdag Stroebel te laat vaar nadat die Appelhof inwoners van Johannesburg in ‘n soortgelyke wendyhuise en behuisingsaak die oorwinning gegee het.
Hou ‘n openbare vergadering by L/s Voortrekker Eeufees in Pretoria Noord as deel van die VF+ se 2011 verkiesingsveldtog. Trek ‘n vol saal. Die VF+ loods sy verkiesingsmanifes vir die 2011 verkiesing.Kla die Tshwane Metroraad by die verbruikerskomissie aan nadat inwoners van Mountain view en Pta Tuine vir drie weke lank sonder water sit. Hou ‘n openbare vergadering op Kleinfontein naby Cullinan as deel vd 2011 verkiesingsveldtog in Pretoria.Ingesweer as Raadslid in die Pretoria Metroraad op 26 Mei 2011. Lewer sy jongelingstoespraak in die Pretoria Metroraad.
Loof die Pretoria nooddienste vir hulle vinnige reaksie tyd nadat ‘n passasiersbus op die Mabona hoofweg aan die brand geslaan het.
Takel Julius Malema in ‘n artikel op facebook nadat Malema aangekondig het dat plase,banke en myne gerasionaliseer moet word.Die VF Plus koukus in die Pta Stadsraad stap uit die maandelikse raadsvergadering nadat daar aan die lig gekom het dat die regerende ANC ‘n aanstelling van die nuwe stadsbestuurder wil deur stoomroller nadat aanstellingsdokumente ‘n paar uur voor die vergadering by raadslede afgelewer is.Maak drastiese planne aan die VF+ Pta Streeksraad bekend dat Selfbeskikking in plaaslike gemeenskappe die enigste opsie is vir politieke oorlewing. Die Pta Streeksraad aanvaar hierdie planne en implementering daarvan sal voor die teikendatum van Desember 2012 afgehandel wees. Takel weer Spoornet oor die spoorlyn in Van der Hoffweg wat onwettige samedrommings lok.
Waarsku oor klimaatsverandering in Suid Afrika tydens ‘n debat in die Pretoria metroraad oor ‘n nuwe voorgestelde bywet vir skoner lug in Pretoria. Die bywet word ondersteun. Lewer die opspraakwekkende September 10 Toespraak by die kranslegging vir misdaad slagoffers by die AGS gemeente in Daspoort. Ondersteun die VF+TAS studente by die SR Verkiesing by die Universiteit van Pretoria en skud blad met oud President Paul Kruger.Word herkies as VF+ Leier in Pretoria tydens die party se twee jaarlikse reorganisasie in die stad. Waarsku dat die Wesmoot van Pretoria afstuur op ‘n humanitere krisis en onbeheerde geweld nadat dit aan die lig gekom het dat die Metroraad inwoners van Schubartpark wil verskuif na Claremont sonder die nodige water en sanitasie.
Die gemeenskap van die Wesmoot kom in opstand omrede Schubartpark inwoners in Claremont gevestig gaan word. Die VF Plus kondig aan dat hulle ‘n dringende mosie tydens die raadsvergadering van 29 Sept ter tafel gaan le om die hervestiging te stop.
Na harde debatte en gevegte van agt ure binne die raadsvergadering in die Pretoria Metroraad word die VF Plus se dringende mosie van die tafel gevee. As gevolg hiervan breek geweld in die Wesmoot uit.
Die Pretoria burgemeester laat weet die VF Plus leier in Pretoria, Rdsl, Philip van Staden, dat dringende gesprekke oor die geweld in die Wesmoot op Maandag 03 Oktober 2011 moet plaasvind. Van Staden stem in. Intussen het die Metroraad besluit om nie die Schubartpark inwoners in die Wesmoot te vestig nie. Die VF Plus in Pretoria en die kantoor van die Burgemeester bereik ‘n ooreenkoms oor die wendyhuise kwessie.
Ondersteun die musiek blyspel “Tree Aan!” in die Staatsteater Pretoria.
Vergesel die leier van die VF+,Dr Pieter Mulder,na ‘n ete saam met bejaardes in Pretoria.Ondersteun Pieter Koen tydens sy optrede by HTS Tuine.Haas na Kerkplein om die Kruger standbeeld te verdedig na valse gerugte dat die standbeeld verwyder word.
Ondersteun die VF+ Pretoria jeug tydens ‘n skoonmaak sessie van die Kruger standbeeld op Kerkplein.
Word met volstrekte meerderheid verkies tot die Gauteng dagbestuur asook afgevaardigde na die Hoofpartyraad van die VF Plus.Waarsku Julius Malema dat hy nie welkom is in Pretoria nie aangesien Pretoria nie Julius se rewolusionere huis is nie maar Afrikaner gebied. Die Voorblad koerant skryf oor die man Philip van Staden. Philip van Staden word opgeteken in die aanlyn weergawe van die Nuwe Geskiedenis van Suid Afrika. Hier staan hy nou bekend as ‘n vegter vir selfbeskikking en gemeenskapsaktivis. Dit gebeur ses dae voor sy 36e verjaarsdag.Woon die jaarlikse Geloftefees by,by die Paardekraal Monument in Krugersdorp. Vra vir die bedanking van die President van Suid Afrika, Mnr Jacob Zuma, na sy uitlatings in Natal oor Christenskap en die Bybel. Daar word ook aangedring dat Zuma ‘n openbare verskoning teenoor Christene moet bekend maak.Verafsku die ANC in Limpopo se aankondiging dat alle plase en myne genasionaliseer moet word. Van Staden waarsku op hongersnood indien plaasboere nie meer toegelaat gaan word om te boer nie.Lewer jaarlikse Kers en nuwe jaarsboodskap. - 2012:
Kla Pretoria munisipaliteit by die verbruikerskommisie aan na swak dienslewering vanaf busdienste aan die publiek. Waarsku dat Pretoria se wykskomitees in ‘n sirkus ontaard nadat R14miljoen onregmatig spandeer is. Waarsku dat die plakkers by Wallmansthal Pretoria die gevolg is van ‘n erge behuisingskrisis in Suid Afrika.Vaar uit teenoor die DA jeug nadat “Soft porn” plakkaat vrygestel is.Verlaat die Pretoria Metro se raadsvergadering nadat dit in choas gedompel is weens die speaker wat nie debatte oor die wykskomitee debakel wou toelaat nie.Lewer reaksie op die moord van Sheldean Human se moordenaar,Andrew Jordaan in die Leeuwkop gevangenis op Sondag 12 Februarie 2012,presies vyf jaar nadat Jordaan vir Sheldean ontvoer en vermoor het.Die Tshwane metroraad skors 22 personeel lede by die busdepot nadat daar gedreig is om die metroraad by die verbruikerskommisie aan te kla na swak dienslewering aan die publiek verskaf is.Die Pretoria burgemeester het die publiek omverskoning gevra en ook aangekondig dat die busdienste binnekort omgekeer gaan word.Woon ‘n kongres by oor die watersituasie in Suid Afrika en le ook besoek af by Rand water se aanlegte in Gauteng.Woon die Raadslede kongres by in Centurion.Vaar uit teen sekere groepe in eie kringe nadat dit aan die lig gekom het dat kinders so jonk as 13 mini kampstaaldraad bywoon.Kondig aan dat tolgelde nie betaal sal word alvorens taxis ook tolgelde in Gauteng betaal nie.Verwelkom die vervolging van die geskorste adjunkhoof van die Tshwane metropolisie,Jaca,deur die nasionale vervolgingsgesag.Rig ope skrywe aan oud president FW de Klerk oor sy regverdiging van die onderhandelingsproses by Kodesa tydens die 1992 tot 1994 preode. Ondersteun die veldtog #agteruitvirafrikaans by die kampus van die Universiteit van Pretoria. Kyk in diepte na die term “menseregte” en watter invloed dit op Afrikaners het.Identifiseer twaalf kwessies waaraan die burgemeester dringend moet aandag gee in sy stadsrede.Die burgemeester spreek 09 van die 12 kwessies aan en kondig ook aan dat Pta se naam gaan bly en dat inwoners van die Wesmoot behuising gaan kry.Stamp erg koppe met die burgemeester in ‘n raadsvergadering omrede 07 toesprake in Afrikaans gelewer word. Kritiseer die ANC in toesprake oor regstellende aksie,die Schubartpark debakel,werkloosheid in die stad,vertrapping van die Afrikaanse taal,ekonomiese groei van die stad,beskuldig die ANC van politieke aanstellings en bevraagteken twee kandidate vir die raad van direkteure vir die Tshwane Housing Company. Stamp ook koppe met die DA en die ANC oor die verandering van straatname in Pretoria. DA het buitestemming gebly en so oorwinning aan ANC gegee.Die debakel oor die 29 Maart raadsvergadering het verskyn op die voorblad van die Pretoria News waar onwaarhede oor Van Staden gepubliseer is. Die Voorblad en Beeld het egter die waarhede gepubliseer.Spreek skok uit oor die moord op die vyf maande ou Wiaan Botes van Delmas. Beskryf die misdadigers as barbare en doen ‘n beroep op die regering vir die herinstelling van die doodstraf.

Philip, ek wonder regtig hoeveel raadslede kan hieroor praat, ek weet jy roem nie daarop wat jy doen nie, maar jy tik my met ‘n veer om.
Waar het jy vir 5 jaar weggekruip dat ek dit nou eers raaklees?
Mens steek nie talente onder ‘n maatemmer weg nie.
Jou bydrae ongelooflik, was nie bewus van 1/1000 daarvan nie !!!
Mooi so! As jy nou ‘n Brit was, sou die queen nou vir jou ‘n OBE/MBE/Knighthood etc. gegee het, hier in die UK kry te veel mense dit sommer vir enige iets nie naastenby wat jy regtig doen nie. Hier doen mense net hulle normale werk, dan word hulle deur ander genomineer om ‘n toekenning te kry, belaglik in sommige gevalle.