Skryf gerus aan ons by : Philip Se Spoeg Blog/Briewe – Philipvastaden@yahoo.co.uk
Jan skryf per Bbm oor Gpf lede mag nie na misdaad tonele jaag nie:
Dis baie sleg wat met die meisie gebeur het. Die man het roekeloos bestuur en dit kan nie geduld word nie. Ongelukkig moet die GPF-lede die skurke jaag want in die meeste gevalle is die polisie besig met onbenullighede. Ek het ‘n geval gehad wat my asblik gesteel is. ‘n Voertuig met 4 lede het na my huis gekom net om ‘n verklaring af te le. Dis mos mors van geld en tyd. Die polisie en natuurlik die metro polisie het nie tyd vir regte misdaad bekamping nie. Die metro polisie is net ‘n klomp rasiste en kyk net waar hulle omkoop geld kan vat. Die polisie lede in almal oorgewig en lui. Dankie tog vir die GPF. Die mense doen dit omdat hulle mense wil help.
My reaksie op Jan se Bbm was as volg:
Nee jy is reg. Ek self het in 2006 daardie einste sektor in Mountain view op die been help bring en was tot 2009 op die bestuur gewees. Die probleem is omdat GPF’s so effektief is soek die regering rede om dit toe te maak. Ongelukkig gaan die tekort aan disipline en binne gevegte in gpf’s en ‘n ongeluk soos hierdie veroorsaak dat die goed deur wetgewing gesluit gaan word.