Philip van Staden is gebore op 05 Desember 1975 in Pretoria en is na 36 jaar nog steeds ‘n inwoner van die Jakaranda stad. Sy skool onderrig begin in 1983 by die L/s Voortrekker Eeufees en hy voltooi sy matriek in 1994 aan die H/s Pretoria Noord. Hy is die jongste van drie kinders en sy ouers is Willem en Hester van Staden (nee Maritz). Sy vader is oorlede toe hy maar sewentien jaar oud was. Sy vader was ook ‘n Pretorianer van geboorte en sy moeder is afkomstig van Lichtenburg in die Noordwes Provinsie,destyds die Wes Transvaal. Philip het reeds op sewe jarige ouderdom aktief betrokke begin raak by Afrikaner politiek en het reeds op twaalf jarige ouderdom aangesluit by die jeugvleuel van die destydse Konserwatiewe Party. Daar was hy op grond vlak aktief betrokke tot en met 1994 waar hy toe reeds agtien was en hom aangesluit het by die Vryheidsfront van Genl. Constand Viljoen. Na sy voltooing van matriek in 1994 begin hy sy eie sake onderneming wat ‘n uiterse sukses was. In 2006 besluit hy om die sake wereld vaarwel te roep en keer hy terug na die aktiewe politiek op grondvlak. Hier loods hy tot en met vandag verskeie protesaksies en hy staan bekend as ‘n aktivis in die gemeenskap. Philip van Staden is in 2009 verkies as die Pretoria leier van die Vryheidsfront Plus en beklee die pos tot in 2011 waar hy weer herkies is. In die 2011 munisipale verkiesing was hy die Burgemeesterskandidaat vir die Vryheidsfront Plus in Pretoria en op 26 Mei 2011 is hy ingesweer as Raadslid van die Pretoria Metroraad. Sedert sy eerste raadsitting sorg Philip gereeld vir vurige debatte wat Afrikaner kwessies aanraak. Hy beskryf homself as ‘n God vresende mens en staan vir niks en niemand terug nie. Hy beywer hom ook vir die Selfbeskikking van volke in Suid Afrika en is glad nie skaam om sy eie mense aan te vat as hul van die pad dwaal nie. Sy politieke standpunte is konserwatief. Hy is ‘n groot voorstaander van Afrikaanse films en kunste en ondersteun gereeld optredes by die Staatsteater, kunste feeste en film teaters. Hy het ook ‘n groot voorkeur vir Afrikaanse musiek en beskik tans oor ‘n versameling van nagenoeg sewe honderd cd’s van plaaslike kunstenaars wat hy nog steeds daagliks aanvul. Hy is tans besig met studies. Hy geniet sy tyd saam met sy vriende en familie. Hy het in 2007 bekendheid verwerf nadat hy ‘n trustfonds gestig het vir die sewe jarige Sheldean Human.
Hier op Philip se spoeg blog word niks en niemand gespaar nie en almal loop baie hard deur. Philip sal nie net klappe uitdeel nie maar ook komplimente indien dit nodig geag word. So word deel van die daaglikse blog waar jy vars en nuwe kommentaar daagliks kan lees sonder dat dit deur die regering se nuwe inligtingswet gesensor gaan word want hier word net die waarheid gepraat!

Ek is baie bly ek het hierdie blad raakgeloop via iemand ander se konneksie op FB. Dis lekker om te sien dat daar nog mense is wat baklei vir die Afrikaanse Afrikaner! Ons is nou 5 jaar in Kanada en het besluit om die emmigrasie-ding te doen NET agv die feit dat my man ‘n goeie werksaanbod van oorsee gekry het. MAAR ons is ook geen dag spyt nie en baie dankbaar vir die nuwe geleentheid in ons lewe.
SA is ‘n baie mooi land maar die gevoel van ware patriotisme is dood . . . veral as jy jou elke dag moet vasloop in “mure” agv dit wat polities besig is om in ons land te gebeur.
In ons gebede sal ons nooit ophou bid vir beskerming vir ons geliefdes, vriende of familie, nie.
Hou die blinkkant bo en sterkte!
Hallo Karen.
Welkom vanuit Pretoria op Philip Se Spoeg Blog. Vele Suid Afrikaners in die buiteland is op hierdie blog ingeteken. Europa,Brittanje,Amerika,Rusland en nou ook Kanada. Teken gerus ook in en ontvang daagliks nuus vanuit SA op jou epos. Vertel gerus vir ander Suid Afrikaners in Kanada ook hiervan. Skakel ook gerus elke Saterdag in wanneer die nuutste Afrikaanse films en musiek videos geplaas word. Op Sondae plaas ons stories om die etenstafel en lewer ek kommentaar op gebeure van die afgelope week.
Ek het hierdie blog op 14 Desember 2011 geloods en tans is dit ‘n reuse sukses die hele wêreld deur. Ons het vandag op 2 Mei 2012 die 13000 leser kerf verbygesteek,lesers wat daagliks inskakel, en tans is daar 1447 permanente intekenare op die blog.
Ons waardeer graag nuus vanuit die buiteland en julle is welkom om julle stories en fotos te epos na: Philipvastaden@yahoo.co.uk
Weereens baie welkom en dankie vir die kommentaar.
Groete vanuit Pretoria.
Spelfoute is die minste om ons nou oor te bekommer. Ons kort meer mense soos jy at opstaan vir Afrikanerregte, spelfoute of nie. Doen so voort Philip! Staan sterk!
Nice. Sien jou in d nuwe jaar