Steyn diep gebêre


Sondag verkragter en moordenaar, Jaco Steyn.

Sondag verkragter en moordenaar, Jaco Steyn.

Pauli van Wyk

Thokoza – Jaco Steyn, moordenaar en verkragter, het gister gesê dit is vir hom “moeiliker as vir die slagoffers” nadat hy tot veelvuldige lewenslange tronkstraf gevonnis is.

“Niemand was by toe ek voor die Here gehuil het nie,” het hy aan verslaggewers gesê voordat hy uit hofsaal 9 van die hooggeregshof in Thokoza gelei is.

Die families van die oorlede tieners Lazanne Farmer en Louise de Waal het mekaar in trane omhels.

Regter Sita Kolbe het Steyn vyf vonnisse van lewenslange tronkstraf opgelê en nog 170 jaar tronkstraf weens sy ander misdade.

“Toe Lazanne uit jou bakkie geval het, het jy koelbloedig vir haar vriendin gesê jy het gehoop julle kon ‘n threesome hou,” het Kolbe gesê.

Lazanne se ma, Anna, het in trane uitgebars na die hofverrigtinge en haar dogter Henriëtte het haar getroos.

“Ek is bly oor die tronkstraf, maar dit sal nie my kind terugbring nie,” het sy gesê.

Die staat het gister getuienis ter strafverswaring ingedien, waaronder ‘n sielkundige verslag waaruit Kolbe telkens aangehaal het, ‘n brief waarin Steyn in grafiese besonderhede beken hoe hy Louise ontvoer, verkrag en vermoor het, asook ‘n brief wat Shireen de Waal, ma van Louise, aan Steyn geskryf het.

Hy is vroeër vandeesweek onskuldig bevind op die aanklag van die verkragting van Louise.

Hy het na vonnisoplegging erken haar moord was wel beplan.

“Ek kan nie sê haar moord was impulsief nie… ek het later besluit om haar te verbrand omdat ek nie kon besluit wat om met die lyk te doen nie.”

‘n Kollega en voormalige vriendin van Steyn het dele uit ‘n brief wat hy in aanhouding aan haar geskryf het in die hof voorgelees. Haar naam mag nie bekend gemaak word nie.

Die De Waal-gesin het heftig gereageer toe die vrou lees hoe Steyn Louise gedwing het om hom oraal te stimuleer.

“En sy het dit goed gedoen ook, beslis nie haar eerste keer nie,” het hy geskryf. Shireen de Waal en haar dogter, Jessica, het geskok uitgeroep en met hul hande voor hul monde gesit.

Steyn het na vonnisoplegging gesê Louise het nie te veel teruggeveg nie, maar hy wou nie verder uitwei oor haar dood nie.

Die vriendin het Steyn beskryf as ‘n hoflike, vriendelike en behulpsame mens.

“Die mens wat die misdade gepleeg het, is nie die Jaco wat ek ken nie.”

Steyn is gevonnis op dieselfde datum presies twee jaar nadat hy een van sy slagoffers ontvoer het – ‘n 15-jarige meisie van Carletonville wat ook verkrag en onsedelik aangerand is. Een van sy lewenslange vonnisse is vir die dade.

Nadat hy vonnisoplegging emosieloos aangehoor het, het Steyn die hofsaal onder ‘n luide uitjouery verlaat.

“Steyn, pappa wag vir jou daar onder,” het ‘n man uit die gehoor gegil.

Philip van Staden
Redakteur,Vryskut skrywer,
Aktivis en Politikus.
Kopiereg 2012

About these ads

About Philip van Staden

Gemeenskapsaktivis Stigter van die Sheldean Human Trustfonds Kampvegter teen armoede en kinder geweld en moorde Glo in 'n Christelike samelewing Kampvegter teen swak dienslewering en uitbuiting van gemeenskappe Stop moorde en misdade Konserwatief en voorstaander vir selfbeskikking van volke
This entry was posted in News, People and tagged , , , , , . Bookmark the permalink.