Lotto het sy rug op welsynsorganisasies gedraai!
Verskeie welsynsorganisasies wat as nie winsgewend bedryf word en geen hulp van die Staat kry nie het vandag voor Lotto se kantore in Hatfield gaan betoog nadat Lotto aan die einde van 2011 aangekondig het dat organisasies soos die SAVF,CANSA,Ouetehuise,Kinderhuise,Weeshuise en ander gemeenskapsorganisasies voortaan nie meer finansiele hulp jaarliks by Lotto gaan ontvang nie. Lotto wil glo nou eerder jong en opkomende organisasies help en nie meer die ou bestaande organisasies nie.
‘n Groep verteenwoordigers van verskeie van hierdie “ou organisasies” het vandag ‘n memorandum aan die Voorsitter van Lotto by hulle kantore oorhandig.In hierdie memorandum word daar geeis dat:
* Lotto se manier van uitdeling van fondse moet hersien word
*Lotto finansiele state moet bekend maak aan wie fondse gegee word.
Huidige syfers toon dat Lotto tans met R6 biljoen se fondse sit wat aan organisasies uitbetaal moet word. Volgens bronne het Lotto verlede jaar R40 miljoen uitbetaal vir die onsuksesvolle jeug ontwikkelingsagentskap se fiasko verlede jaar by die Pta skougronde. Hulle het ook R1 miljoen uitbetaal aan Cosatu vir hulle 25e verjaarsdag vieringe!
Lotto is besig om welsynsorganisasies in die rug te steek en is eerder bereid om fondse op onsuksesvolle partytjies te mors as om om te sien na mense,bejaardes en kinders wat lei onder erge armoede in Suid Afrika.
Teen plasing van hierdie artikel het Lotto nog geensins op enige navrae gereageer nie.
Philip van Staden
Redakteur,Vryskut skrywer,
Aktivis en Politikus.
Kopiereg 2012
